Directed by Richard Higgs for Muizenberg Dramatic Society.

Presented at Masque Theatre Muizenberg until 23 March.

Bookings: 021 788 1898

 

Lieske Bester reviews.

 

Henrik Ibsen’s classic drama “Hedda Gabler” opens at the Masque Theatre, Muizenberg, on Friday March 15. Richard Higgs directs for the Muizenberg Dramatic Society.Henrik Ibsen merged potential, realism and idealism in his many memorable plays and is generally acknowledged as the inspiration of realism in Western theatre.

 

If you take the stance that there is much that is absurd in his plays (as in life!) you will appreciate the wall paper hangers who constantly redecorate the back wall of the Tesman apartment (a psychological metaphor?)  CJ Opperman and Gareth Stewart could have come straight out of an Ionesco or Becket play…

 

The theme of a discontented wife in an incongruous marriage is not new but Ibsen gives it width and depth through the other characters.  The path to the disastrous (?) ending depends on tight interaction, superior performances and consistency of style.   This is not entirely achieved. The range of costume is a little erratic and movement and positioning need more motivation.

 

The imaginative and evocative musical linking pieces deserve special praise.

 

Richard Higgs is excellent as Jørgen Tesman – a naïve and endearing (to most) academic – but as John Gielgud emphasized:   taking a leading role in your own production can make you lose the plot and the play.

 

At the centre of the story line Tamara Richards delivers a strong performance as Hedda, moody and languid.  Luke Brown gained strength in his portrait of the talented but ill fated historian Ejlert Løvborg, but their relationship lacked electricity.

 

Kelly Kowalsky impresses as the delicate Mrs Elvsted – her near-terror and insecurity are beautifully interpreted and as the no-age servant Berte, Jana Botha shows her versatility and stage presence to great effect.

 

Pilar Pringiers as Jørgen’s kindly aunt was sincere, uncomplicated and most likeable.

 

The role of the insidious Judge Brack is well taken by Philippe Pringiers but the final dialogue between him and Hedda is too slow and too thin on innuendo.

 

This intriguing production is bound to stimulate much discussion and division of opinion.  See it.

 

HEDDA GABLER

deur Henrik Ibsen; uit Noorweegs vertaal deur Jens Arup.

met  Tamara Richards, Richard Higgs, Kelly Kowalski, Philippe Pringiers, Luke Brown, Pilar Pringiers, Jana Botha, CJ Oppermam, Gareth Stewart.

Regie:Richard Higgs

Muizenberg Amateur  Dramatic Society in The Masque, Hoofweg, Muizenberg.

Deur Danie Botha

 

Ek had geen erg aan hierdie opvoering nie.

Want:

Die regisseur glo hy’s verhewe bo ‘n beroemde dramaturg.  Hy’s oortuig dat ‘n gehoor  van 2013 hulp nodig het om ‘n klassieke, naturalistiese tragedie van 1890 uit ‘n somber fjordlandskap  in Noorweë te verstaan en meegevoer te word. Ja, (sarkasties)want ons  veertig-plussers  wat die lugverkoelinglose teater volpak, is mos analfabetiese skorriemorrie. Ons is kultuurloos, lees nie, weet niks van vervloë eeue se gebruike en tydsgees nie.  Geskiedkundige  aanbiedings  op die televisie, verhoog en in rolprentteaters is mos tjol.

Nee, ons móét VERRAS word. Hy wil eg menslike emosies en sielkundige insigte vermeng met selferkende absurditeite soos die ingevoegde  twee werkers wat die hele lange drama muurpapier opplak. Nes jy dink dié sinlose, aandagversteurende handeling is verby, begin hulle eers weer van voor af. Ai, die gehoor word heel aan die begin aan die giggel gesit en eroties gestimuleer as  CJ Opperman en Gareth Stewart voor die toe gordyn bietjie kaalheid wys terwyl hulle hul moderne oorpakke aantrek. Wat is die betekenis van hulle optrede? Die simboliek? Realisties is dit nie, oortuig dit nie. Daar is geen kontak tussen hulle en die “moeilike” Hedda wat seker die opdrag gegee het. Die hoofkarakters praat vreeslike dinge oor mekaar en dit voor hierdie “ore”?

 

Die kleredrag is van gemengde style en tye. Arme juffrou Juliane (Julle in die program)Tesman (Pilar Pringiers) is hewig geklee in die donker drag van destyds, kry moelik gesit met haar boeseltjie op die moderne, glinsterende stoele. Hedda (Tamara Richards) se gewade is outyds vloeiend én ook iets stomps en alledaags van ‘n hedendaagse kettingwinkel. Die regisseur wil vir ons illustreer: Só was dit gister; hoeveel anders as vandag? Asof ons die prekie  nodig het.

 

Die verhoog is oninteressant kalerig. Die blink stoele staan vervelig in ‘n reguit ry soos personeelstoele op ‘n skoolsaalverhoog.  Want daar word mos huisopknappings gedoen.  Van die meubels swaai aan drade om ‘n erg moderne, minimalistiese indruk  te skep. Skuus, maar ek het leedvermaak gesmaak toe een van Hedda se golwende gewade ‘n keer vasgehaak het  aan ‘n  dun kabel.

 

Die spelers se stemprojeksie  is deurgaans goed. Maar verder sondig hulle. Hulle neem mekaar se toonhoogtes en spraakritmes oor sodat almal so hoooog praat. Ek het dikwels opstandig geraak oor die blote praat-praat-praat . Jy kry nie die indruk dat daar iets psigies met bv. Hedda aan die gebeur is nie. Slegs by twee spelers skep  spraak en liggaamstaal iets dramaties. Hedda se liggaam kom byna heeltyd  ontspanne voor; kyk onder gesakte ooglede deur en gebruik hoogstens drie stemtone.  ‘n Mens mis ‘n energieke, kragdadige gedrewenheid.

 

Van atmosfeerskepping is hier byna nie sprake nie. Die regisseurkangerus by Coleen van Staden en Raymond Rudolph  leer om ‘n toneel dramaties op te bou met deurleefde pouserings, beklemtonings, kontraste, uitlig van subteks  en goeie tydsberekening.

 

Die toneel in die derde bedryf tussen Hedda, mevrou Elvsted (Kelly Kowalski) en Lövborg (Luke Brown) – dis nou goeie spel! Klinkklare dramatiese botsing en kontrasterende karaktertekening; sensitiwiteit by Kowalski en gekontroleerde  emosioneelheid by Brown.

 

In vanjaar se Shakespeare  by Maynardville, A Midsummernight’s Dream, was daar talle voorbeelde van waar regisseur Fred Abrahamse die gehoor verras en juis die betekenis, die dramaturg se bedoeling oordra .  ‘n Mens reageer spontaan daarop.  Verrassing is ‘n baie belangrike element in ‘n opvoering. maar  dan moet dit nie die gehoor verwar deurdat  teks, verhooginkleding en spel te vreemd bots nie.

 

Ekkanseker aanvaar dat die regisseur ‘n uitlaatklep soek vir sy intellektualiteit, sy individualisme. En dat hy nie die inleiding tot André P. Brink se Afrikaanse vertaling gelees het nie. Uit Brink se inleiding sou hy wonderlike uitdagings gekry het, agtergekom het hoe meesterlik die toneelstuk geskep is en sou hy gehuiwer het voor hy  Ibsen met foefies “verneder”het.