Review by Lieske Bester of CALENDAR GIRLS by Tim Firth on at the  Masque Theatre Muizenberg until 24 November 2012.

Directed by Wendy Goddard for Claremont Dramatic Society.

Bookings:  021 788 1898.

(See also http://scenicsouth.co.za//2012/10/calendar-girls-at-masque-theatre-to-help-sunflower-fund/)

This heart warming true story has captured audiences world wide on the screen and on stage since 2008 and is currently playing at the Masque to near full houses for very good reasons.

 

The director’s sensitive guidance and total commitment by a talented cast to go boldly bare as dictated by plotline and script has resulted in an completely natural production where synergy on and off stage is evident throughout.  What could have been either prurient or coy is a delightful mix of pathos and comedy and the patent rapport between the actresses (and  actors) adds to the enjoyment as does the minimal set and amazing array of quirky props.

 

Realistic nervousness and subsequent enthusiasm for their cause is clearly drawn in the individual quality characterisations and ensemble playing of this ordinary group of women who came up with a quite extraordinary plan of action.  In supporting roles the male actors do equally well.  Everybody and everything feels right, balanced and for me and I guess many people the opening scenes are painfully familiar.

 

This all stars team effort inhibits singling out performances but I must admit a soft spot for Rudy Gibbons’ on the button interpretation of the gallant young photographer!

 

The original Calendar Girls went on to become a global phenomenon raising millions of Pound Sterling for Leukaemia research in theU.K.

Claremont Dramatic Society commemorates its 60th anniversary and true to the original concept is donating R5 of every ticket sold to the Sunflower Fund. Copies of a special and highly professional 2013 calendar featuring the local cast are on sale to add to the funds raised by this production.

 

Congratulations to everyone involved on the selection and presentation of a unique story. It is such a feel good piece of theatre – make sure to join in the celebration of life and the dedication of those who seek to enhance it.

CALENDAR GIRLS

deur Tim Firth

Met Melissa Sanderson, Jo Frater, Fiona Carling, Jane Cohen, Lesley Gill, Kirsty Cunnington, Allison Blair, Kim R2, John Carne, Brian Notcutt, Lynn Moss, Rudy Gibbons, Jennifer Moss, Barrie Howard.

Regie: Wendy Goddard

Claremont Dramatic Society in die Masque, Hoofweg, Muizenberg. Tot 24 November.

Deur Danie Botha

Saterdagmiddag by die Masque in Muizenberg. Weer ‘n goeie bywoning. Teen die einde styg ‘n gedeelte van die gehoor uit hulle sitplekke vir ’n ovasie. Daar’s die gevoel van ’n GELEENTHEID. Dis Claremont Dramatic Society se sestigste verjaardag. En hulle werk saam met die Sonneblom-fonds wat lyers aan bloedkanker en ander bloedsiektes ondersteun.

Dit gaan hier om ‘n vrouevereniging in Yorkshire wat geld wil insamel vir ‘n rusbank om in die kanker-afdeling van die hospitaal te sit, daar in die sitkamer vir die pasiënte se naasbestaandes. Een van hulle lede, Annie (Fiona Carling), se man, John (John Carne) is juis sterwende daaraan.

Hulle het al vantevore kalenders saamgestel  en verkoop vir fondsinsameling: van brûe en van kerke uit die omgewing. Maar nou neem ‘n rewolusionêre projek vorm aan: hulle gaan van soveel klere as moontlik ontslae raak en van daardie soort kalenders maak wat mans graag ophang, bv. in motorhawens en elders.

Die absolute hoogtepunt van die opvoering is dan die woelige poseringstoneel. Rudy Gibbons is heerlik energiek as die fotograaf wat duidelik elke uitdagende “erotiese” oomblik geniet. Ek het vooraf gevrees dinge gaan té versigtig, te preuts en ingehoue gedoen word. Maar, nee, die maniere wat gevind word om die dames se bates met ordentlikheid te vertoon is so verrassend en komies bedink en flink uitgevoer! Daardie toneel voor die klavier… dit is nou nog in my geheue. Die slanke  rug … Vriend Ben het dadelik ná die tyd geweet waarvan ek praat!

In ‘n stadium het ek my verwonder aan die spelgehalte. Die spelers is deur die bank so tuis op die verhoog. Geen gesukkel met woorde, hoorbaarheid en huiwerende bewegings en maskerings nie. Dis asof ‘n mens ook totaal binne hulle leefwêreld is. (Dankie, verhoogbestuurspan.} James Maritz se versorging van die klank is uitstekend; so ook die beligting (ontwerp: Gary Fargher; operateur: Bob Goode). Dink maar aan die dames se parade.

Ag, en toe kry ek weer my kritiese bedenkinge. En, so waar, die resensent van die opvoering in Londen, Michael Billington,  verwoord dinge vir my. Hy resenseer vir The Guardian sedert 1971, wat hom die Britse teaterkritikus met die allerlangste diens maak. Soos hy het ek  ná die foto-sessie gevind dat die intrige dun word. Nou is dit flouer insigte wat gegee word in die karakters van die “maand-meisies” noudat hulle  soveel roem verwerf. ‘n Mens voel dinge hou nou te lank aan; Billngton skryf die teks raak ’n “over-extended anecdote”.In die slottoneel, wanneer die groep verenig en lof aan John bring voor die sonneblomveld (Lynda Jennings se fotografiese kunswerk) sorg Annie (Fiona Carling) vir daardie sekondes lange ontroering. ‘n Mens is  so dankbaar as jy emosioneel geraak word. Vroeër, in die foto-sessie, was dit Jane Cohen wat jou gemoed op ‘n ander manier geraak het: haar Jessie, die oud-onderwyseres, het jou baie geamuseer met haar stuitigheid én eerlikheid. (Dit was ook in die Londense opvoering die geval.)

My wens dat die stuk meer saamgetrek kon wees, het moontlik te doen daarmee dat dit ‘n verwerking van ‘n rolprentweergawe is; daarom al die toneelwisselings en al die kleiner handelingseenhede. Billington verklaar sommer dat dit “not much of a play” is nie.

Maar dit lyk asof die gehore tot dusver min gepla was en die doedies se manewales geniét het.