“A Handful of Friends” by David Williamson. Directed by Sue Bolton for the Constantiaberg Theatre Players. At the Masque Theatre, Muizenberg, from Friday 20 – Saturday 28 September 2013.

REVIEW – Fine Music Radio – Monday 23 September 2013 – CapeDiary 13:00 to 14:00

Reviewer: Ruth Allsopp

“A Handful of Friends” by Australian playwright David Williamson opened at the Masque Theatre, Muizenberg, on Friday evening. This is a Constantiaberg Theatre Players’ production, directed by Sue Bolton, who has changed the location of the play to Cape Town in the year 1983.

Five friends meet again after a break of several years. During the interim one of the men has made a movie in which the leading male role is based unflatteringly on a member of the group. This causes resentment; old hurts are revived and things start to unravel.

The five friends are:

Russell McAllister (played by Daniel Enticott), a sychophantic professor of history, who has recently started a new job and doubts whether he deserved the appointment;

his wife Wendy (played by Jenny Brandt) who has endured his many extra-marital affairs;

Jill McAllister (played by Karen van Schalkwyk) is Russell’s sister and a well-known magazine journalist;

Mark Marshall (played by Brendon Stuart Spiro) is a movie-maker whose first film is faring badly at the box office. His dream is to make the definitive South African movie;

Sally Marshall (played by Gizelle Willows) is Mark’s wife who left a budding journalistic career to star in her husband’s movie and desperately wants to star in his next.

Overall, director Sue Bolton has elicited fine characterisations from all her cast members.

At interval I felt I could not ‘identify’ with any of the characters. In the second half, past events were recalled; these made the friends more understandable and I was more empathetic towards them. But generally, they are somewhat unpleasant, young upwardly mobile adults – real yuppies – mostly selfish, self-centred, ambitious, lacking in benevolence and seemingly without any core value system.

 

This is dramatist Williamson’s arena – ‘a taste of real life’. He is known for his incisive social commentary.

Some highlights for me were:

  • the flaky edge Spiro brought to his role;
  • van Schalkwyk’s feat of memory in recording Jill’s basic article for her magazine on the McAllisters;
  • Willows’ angry tirade against Jill for betraying her and helping to have her dismissed from the magazine staff.

Congratulations to those who designed, built and dressed the multiple set, consisting of the McAllister sitting room, Jill’s bedsit and a hotel balcony. The well-handled lighting moves the audience from venue to venue. Costumes are apt and suit each character.

If you enjoy deft directing, good acting and social satire, go to see “A Handful of Friends” by David Williamson at the Masque Theatre, Muizenberg. It  runs  this week on Thursday and Friday at 8:00 pm, and on Saturday at 2:30 and 6:30 pm.

Book by phoning Masque Theatre Bookings 021 788 1898 or bookings@masquetheatre.co.za

 

A HANDFUL  OF FRIENDS deur David Williamson

Met Daniel Enticott, Jenny Brandt, Karen van Schalkwyk, Brendon Stuart Spiro en Gizelle Willows

Regie: Sue Bolton

Constantiaberg Theatre Players in The Masque Theatre tot 28 September

Deur Danie Botha

Op die verhoog lyk en klink alles baie goed.

Onmiddellik weet ’n mens die handeling gaan in twee tuistes plaasvind. In die grootste ruimte leef die McAllister-egpaar (Daniel Enticott  as die professorale Russell en Jenny Brandt as die lydende Wendy). Aan die ander kant Russell se suster Jill, ’n joernalis (Karen van Schalkwyk) se smal een slaap-en-sitkamer. Een van my gaste is ‘n ervare stelskepper; hy had komplimente vir die stelontwerpers en -bouers. ’n Mens het al in vele opvoerings nie so ’n netjiese en duidelike onderskeid gehad nie. (Toegegee, dit is soms vir komiese effek so oorvleuelend.)

Ek moes net glimlag toe Sally die aktrise (Gizelle Willows) so ‘n ophef teenoor Jill maak oor die prag van die dierbare ou skrapse gordyntjies. Maar dadelik aanvaar ek my tweede gas se interpretasie: sy sê Sally is opgewonde, gespanne en vóél net aan sy moet iéts sê.

Die beligting, byklanke en die musiek is helder en  tegnies baie effektief. Die spelers  se kostumering is puik en hulle pas deurgaans goeie artikulasie en stemprojeksie toe. Nêrens is daar fout te vind met groeperings en bewegingsbeplanning nie.

David Williamson, ’n Australiese dramaturg van ’n magdom verhoog- en filmwerk, het hierdie stuk reeds in 1976 geskryf. Was dit nie die tyd toe die “vrye liefde” sterk beoefen is nie? Toe owerspel aanvaarbaar gemaak is met die term “oop verhouding”? Sekerlik is sulke seksuele verhoudings van die begin van die mensdom met ons, maar dit was die tyd van sekeres/talle van ons se seksuele eksperimentasies as jong volwassenes en daarom so spesifiek onthoubaar vir ons.

Die titel roep die waardevolheid van vriendskap op, dat ’n mens gewoonlik jou ware vriende eintlik op jou een hand kan aftel.  Hier dan nou vyf vriende. Maar in die drama gaan dit juis om verraad, ontrou tussen hulle. Mark Marshall (Brendon Stuart Spiro) het ’n film geskep waarin hy vir Russell en Wendy in ’n swak lig stel, Russell bv. as alkholis. Daar is ook ander spanninge tussen die vriende; hulle verneder mekaar.

Ek kom nou by die “maar”. Die teks het darem baie geselstonele en dalk nie genoeg uiterlike handeling en botsings nie. Maar wanneer dit wel voorkom, word dit tog sterk uitgebeeld. Bv. tussen Russell en Sally; hy val haar ook fisiek aan; en tussen Sally en Jill oor die vermaledyde onderhoud. Mark is ook deurgaans ‘n sterk teenwoordigheid; met iets dreigends onderliggend.

Ek dink ek het plek-plek “afgeskakel” om die volgende redes:

1. Regisseur Bolton kon gerus soms meer met pouses, beklemtonings en afwisseling in spraakritmes gewerk het. Die dramaturg gebruik bv. die toneel waarin Jill aan haar onderhoud werk, om eksposisie vir die gehoor te gee; dis nogal heel slim, maar nou rammel Van Schalkwyk dit ongelukkig af met so ’n eenselwige manier van praat dat ’n mens nie meer wíl luister nie.

2. Dit is een van die retrospektiewe dramas.Van die opwindendste gebeurtenisse hoort tot die verlede; hier word dit nie voorgestel nie, maar net oorvertel en bespreek. Sê nou ons kon die prikkeling ervaar het om die sekstoneel waarvan Mark vertel, te sién? Of wat van ‘n toneel waarin die mans se reaksies op mekaar kort ná die voorval  voorgestel word?  ’n Kritikus noem dat die drama die verhoudinge “oblique”hanteer; dalk té indirek. Die biseksualiteit word maar effentjies betrek.

3. Daar was maar ‘n klein gehoor die Saterdagmiddag – iets wat darem selde voorkom? ’n Mens se inlewing word mos beïnvloed deur ander se reaksies? Negatief én positief.

Dié opvoering sal ek tog aanbeveel. Vir sommiges kan dit, soos ’n programnota lui,  “a taste of real life” wees. Vir ander kon daar maar meer kruie ingegooi gewees het.